Kerk-in-Suid APK

Kerk-in-Suid  Icon
0/5
0 Ratings
Developer
Custom Apps SA
Current Version
1.12.0.0
Date Published
File Size
54.0 MB
Package ID
com.app.p4862HD
Price
$ 0.00
Downloads
91+
Category
Android Apps
Genre
Lifestyle

APK Version History

Version
1.12.0.0 (445)
Architecture
arm64-v8a,armeabi-v7a
Release Date
January 16, 2020
Requirement
Android 2.3.4+
Version
1.10.0.0 (383)
Architecture
arm64-v8a,armeabi-v7a
Release Date
November 19, 2019
Requirement
Android 2.3.4+
Version
1.6.0.0 (71)
Architecture
armeabi-v7a
Release Date
November 19, 2019
Requirement
Android 2.3.4+
Version
1.2.0.0 (8)
Architecture
armeabi-v7a
Release Date
November 19, 2019
Requirement
Android 2.3.4+
  • Kerk-in-Suid Screenshot
  • Kerk-in-Suid Screenshot
  • Kerk-in-Suid Screenshot
  • Kerk-in-Suid Screenshot

About Radio FM 90s

Tans

Ons gemeente is 32 jaar oud en het tans ±3000 lidmate (belydend en doop) en 2 voltydse en 1 deeltydse predikant.
Ons is 'n voorstedelike gemeente in Centurion en bedien die areas van Wierdapark, Wierdapark X2, Wierdapark X5, Eldoraigne X3, Eldorainge X18, Monavoni, Amberfield, Wierdaglen, Rooihuiskraal-Noord, Celtisdal, ens.

Geskiedenis

Ons gemeente is gestig op 5 Augustus 1982 en het in 2012 ons dertigste bestaansjaar gevier.
Ons het ontstaan uit Raslouw gemeente, wat op haar beurt ontstaan het uit Eldoraigne gemeente, wat weer ontstaan het uit Sesmylspruit gemeente. Die afstigting is gelei deur ds Van den Berg (Wierdapark gemeente) en ons het 'n bedrag geld en ons stuk grond ontvang as bruidskat.
Die eerste leraar was ds Nico Rautenbach en drie jaar later was ds Louis Boshoff beroep. Ons het eers eredienste gehou in Laerskool Wierdapark en later in Laerskool Bakenkop se skoolsale. Die adminsentrum is opgerig en ds Cassie Carstens sluit by ons aan, nadat ds Rautenbach bedank het. Kort daarna kom ds Michiel van der Merwe by, nadat ds Boshoff weg is. Die kerkgebou is ingewy tydens die naweek van 25 en 26 Augustus 1990.
Later is die kategesenisse voltooi en in 1992 sluit ds Gideon Roets by ons aan. In 1995 help prop Hardie Swanepoel ons as pastorale hulp. In 1999 word ds Nico van As as vierde leraar beroep. Ander hulpleraars was prop Pieter Fourie en Emeritus Dirk Holtzhausen. In Aug 2001 wy ons die saal en uitgebreide kombuis in – teen die tyd het die kategesenisse al dakke en elektrisiteit gehad. In 2007 word die pastorie omskep in 'n Jeugsentrum en die Popcornsaal word in gebruik geneem. Verder word die parkeerterrein geteer. Intussen doen 'n paar teologiese studente hulle gemeentejaar by ons – Adolf Schwirzer, Greta Serfontein en Johan Janse van Rensburg.
Aan die begin van 2013 emeriteer ds Cassie en dr Michiel aanvaar 'n ander posisie. Ons gebruik dr Johan Pienaar as brugpredikant en beroep Johan Janse van Rensburg as voltydse predikant. In 2013 kry ons ook vir dr Ockie Raubenheimer as deeltydse predikant vir 'n 2-jaar termyn by. In 2015 verlaat ds Gideon Roets weg by die gemeente. Op 1 Maart 2016 het Ds Rinus Wassermann beroep aanvaar na Kerk-in-Suid.

Tans word die gemeente bedien deur twee voltydse predikante. (Ds Johan Janse van Rensburg & Ds Rinus Wassermann) Die gemeente het ook ‘n groot behoefte aan pastorale- en siekebediening gehad en Ds Neels van Zyl is aangestel as pastorale-hulp by Kerk-in-Suid.

Kerk-in-Suid deel ook die visie vir die toekoms van die kerk en het tans twee teologiese studente wat in die gemeente blootstelling kry. Chris Jacobs en Brits Janse van Rensburg is deel van die bedieningsspan.

What's New in this version